LIG - September 2020Add to Favorites

LIG - September 2020Add to Favorites

Magzter Gold ile Sınırsız Kullan

Tek bir abonelikle LIG ile 9,000 + diğer dergileri ve gazeteleri okuyun   kataloğu görüntüle

1 ay $9.99

1 Yıl$99.99

$8/ay

(OR)

Sadece abone ol LIG

1 Yıl$11.99 $7.99

The Fourth of July Special Sale - Kaydet 30%
Hurry! Sale ends on July 6, 2024

bu sayıyı satın al $1.99

Hediye LIG

7-Day No Questions Asked Refund7-Day No Questions
Asked Refund Policy

 ⓘ

Digital Subscription.Instant Access.

Dijital Abonelik
Anında erişim

Verified Secure Payment

Doğrulanmış Güvenli
Ödeme

Bu konuda

Jy is 'n lewende brief!

Pen en papier kan dinge losmaak, gesond maak, mooi maak. Gedurende die saamstel van die September-uitgawe van LiG het ons met vele mense en oomblikke te doene gekry rondom skryf, papier en ink.
En ons harte loop oor van vreugde- en dankbaarheid-ink in die LiG-kantoor. Wat ’n voorreg om ander se lewensveranderende briewe te kan lees; Suid-Afrika se geliefde sonneblom-vrou Susan Coetzer beter te leer ken; en grepies van ander se pyn en hartseer met ink vas te pen.
Sangeres Nadine Blom deel met ons die emosies wat sy probeer het om vas te vang in ’n brief toe sy die nuus van haar suster se afsterwe ontvang het. Wat selfs meer hartsverskeurend is, is dat sy eers ná haar suster se dood ’n briefie ontdek het wat haar sus weer vir háár geskryf het ’n paar weke voor haar dood.
Daarin staan onder meer: “Jy, my sus, tel my op, jy sien my ... Ek glo ons sal mekaar weer sien voor die lewe uit een van ons twee se oë uitgaan.”
Om só oor jou seer, trauma en ervarings te skryf, is ’n vorm van terapie, vertel dié wat weet. Skryf kan jou ook help om jou geestelike reis met God te verdiep. In die September-uitgawe vertel ’n klompie LiG-lesers hoe waardevol ’n Bybeljoernaal vir hulle is. Daarin skryf hulle hul gedagtes, emosies, Bybelverse en gebede neer.
En dan is ons span in die LiG-kantoor veral geroer deur die skrif van Paulus, waar gelowiges "lewende briewe van Christus" genoem word.
Jesus het in ons lewe geskryf, sê Hy, nie met ink nie, maar met die Heilige Gees. En nie op papier nie, maar op ons hart (2 Kor 3:3).

LIG Magazine Description:

YayıncıBible Media

kategoriReligious & Spiritual

DilAfrikaans

SıklıkQuarterly

LiG is 'n praktiese gesins- en geloofsgids met Christelike inhoud wat verryk en inspireer. Dit is ’n asemskep-plek vir elke Christenouer. Deur mense se stories te vertel en praktiese raad te gee, inspireer, bemoedig en bring ons hoop. Ons stap saam op jou geloofsreis. Ons gee raad vir ouers, huwelike en almal wat in hulle geloof wil groei. LiG – vir jou en jou mense.

  • cancel anytimeİstediğin Zaman İptal Et [ Taahhüt yok ]
  • digital onlySadece Dijital
BASINDA MAGZTER:Tümünü görüntüle